Ministerie sê oor leeus naby BwabwataJuly 15, 2025

‘n Trop leeus, twee volwassenes en vier jongelinge teister gemeenskappe naby Bwabwata Nasionale Park. Die diere het drie bees doodgemaak en een ernstig beseer maar owerhede sê die diere het nie naby die gemeenskap of hulle krale gekom nie. Die bees is in die veld gevang waar hulle in die nag gewei het. Die gemeenskappe rondom die park het nege krale wat toegespan is en as roofdierbestand verklaar is. Owerhede het ook reeds gepoog om die trop te hervestig.