Namcor-borgaansoek gaan voort vandagJuly 15, 2025
Die verdagtes in die Namcor-bedrogsaak staar nou 71 aanklagte in die gesig met die aansoeke vir borg wat vandag voor landdros Linus Samunzala in die Windhoek laerhof voortduur. Die Staat se Basson Lilungwe staan borgtog teen weens die erns van die aanklagte, die risiko van inmenging in ondersoeke en die moontlikheid van verdere arrestasies. Peter Elindi het in sy aansoek gesê hy is nie ‘n vlugrisiko nie weens sy sakebelange en bates in die land wat 118 miljoen dollar beloop. Dit sluit in agt eiendomme en vyf voertuie, en hy het ook belange in verskeie maatskappye, waaronder Enercon en uraan-en litium-mynbedrywighede. Hy sê Enercon is in 2023 verkoop, maar is steeds in sy naam geregistreer by Bipa.