Oop-water swemmers takel Wêreld Akwatiese KampioenskappeJuly 15, 2025
Namibië se oop-water swemspan neem van vandag af deel aan die Wêreld Akwatiese Oop-water Kampioenskappe in Singapoer. Die kampioenskappe duur tot Sondag. Die span bestaan uit Madison Bergh, Reza Westerduin, Tristan Nell en Nico Esslinger, vergesel deur afrigter Jörn Diekmann en spanbestuurder Angelika Diekmann. Esslinger, wat in Antibes in Frankryk studeer, sal aan die 3km, 5km en 10km uitklop-items deelneem, asook die 1,5km aflosswem. Westerduin is tans in Engeland gebasseer en gaan aan die 3km en 5km uitklop-items en die 1,5km aflosswem deelneem. Nell en Bergh is ingeskryf vir die 3km en 5km uitklop-items asook die 1,5km aflos.