SA Misdaadopsporingshoof op verpligte verlof geplaasJuly 15, 2025

Die polisie se adjunk-nasionale kommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, is gevra om verlof te neem. Dit volg op plofbare bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dat Sibiya met die inligtingsmous Brown Mogotsi en die polisieminister, Senzo Mchunu, saamgespan het om die taakspan vir politieke moorde in die provinsie te ontbind. Nasionale kommissaris Fannie Masemola het bevestig dat Sibiya met die nodige dokumente bedien is. Sibiya het die bewerings as ongegrond ontken. Mchunu is vroeër op spesiale verlof geplaas. Sibiya se plaasvervanger moet nog aangekondig word.