Van der Linden se plaaswerkers in sak en asJuly 15, 2025
Plaaslike media berig dat die werkers van die vermeende Hochveld-daggaboer, David van der Linden in sak en as gelaat is na sy arrestasie, reeds op 28 Mei vanjaar. Van die werkers wat met Namibian Sun gepraat het, werk reeds 18 jaar vir Van der Linden en sê hulle het nêrens om heen te gaan nie met kinders op skool op die dorp. Hulle het ook nie salarisse ontvang nie. Hulle sê hy het 28 jaar gelede die grond gekoop en het van hulle direk oorgeneem by die vorige eienaar. Van der Linden saam met Armand Schultz en sy drywer Johannes Kamati op verskeie dwelmklagtes gearresteer en poog nog om borg te kry.