Aanspreeklikheid in bestuur van natuurlike hulpbronne ononderhandelbaarJuly 16, 2025
Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne, dr. Tobie Aupindi, sê aanspreeklikheid in die bestuur van die land se natuurlike hulpbronne is ononderhandelbaar. Hy het tydens ‘n belanghebbendes-werkswinkel in Swakopmund beklemtoon dat daar verder as oppervlakkige samewerking beweeg en ten volle met die parlement geskakel moet word. Hy het Namibië se potensiaal beklemtoon in volhoubare hulpbrongedrewe groei, veral in energie, groen waterstof en elektrisiteitssekuriteit.