Braaibroodjies effe goedkoper in JunieJuly 16, 2025
Junie was ‘n goeie maand vir braaibroodjie-liefhebbers, aangesien die prys met 1,9 persent gedaal het tot 21,14 per broodjie. Dit is volgens die Suid-Afrikaanse ekonoom Johan Biermann. Hy sê sy Braaibroodjie-indeks het die eerste helfte van die jaar 3,7 persent hoër afgesluit. Die daling in Junie is grootliks gedryf deur ‘n 3,1 persent daling in die prys van Cheddar. Die prys van uie het ook indie maand met 2,5 persent gedaal, maar dit is steeds 28,3 persent hoër vir die jaar. Biermann ontleed maandeliks die prys van braaibroodjies en weeg ook die koste van tamatie, sout, peper, blatjang en brood op.