Epstein, Trump en Bondi… die herrie is los in die VSAJuly 16, 2025

Die herrie is in die VSA los oor die Jeffrey Epstein-aangeleentheid. Is president Donald Trump deel daarvan of nie? Epstein is onder die eerste Trump-administrasie in 2019 gearresteer en is in aanhouding dood. Trump wou eers nie dat die inligting oor die ondersoek bekend gemaak word nie maar sê nou net geloofwaardige inligting moet versprei word. Hy sê ook hy verstaan nie die belangstelling nie.

Intussen het die aanklaer-generaal Pam Bondi gesê daar is geen bewyse dat Epstein ‘n kliëntelys gehou het of invloedryke mense afgepers nie. Dit is ondanks die feit dat Bondi vroeër vanjaar aan Fox News gesê het Epstein se kliëntelys is op haar lessenaar om te hersien. Dit blyk of sy net wag vir die saak om oor te waai. CNN het met Holly Baltz ondersoeke-redakteur van die Palm Beach Post gepraat. 

Die jongste peilings toon dat 50 persent van Amerikaners ontevrede is met die inligting oor Epstein wat tot op hede bekend gemaak is.