Meatco se Liebenberg betrek by onreëlmatige betalings aan dagga-beskuldigde se voerkraalJuly 16, 2025

‘n Regeringsverslag betrek die geskorste uitvoerende hoof van Meatco, Patrick Liebenberg met nie net 473 verlore bees nie maar beskuldig hom ook dat hy onreëlmatige betalings aan dagga-beskuldigde David van der Linden se Linden-voerkraal gemaak het. Die maatskappy het volgens The Namibian ‘n ooreenkoms met Linden-voerkraal gehad en Lienbenberg het onlangs vir leiding by die finansminister gevra om ‘n strafsaak teen die voerkraal te maak oor die vermiste bees. Daar word nou berig dat Liebenberg die voerkraal betaal het om sy eie bees te slag, wat ‘n misbruik van fondse verteenwoordig.