Meisie, 16, by Windhoek-tuiste vermisJuly 16, 2025

‘n 16-jarige meisie van Windhoek, Zené Grobbelaar, word sedert sowat 2-uur vanmiddag by Albert Wittestraat 8 in Ludwigsdorf vermis onder onbekende omstandighede. ‘n Voertuig, ‘n wit enkelkajuit NP300 Nissan bakkie, met twee mans is deur haar suster op die toneel gesien. Haar ouers het ‘n saak van ontvoering by die Klein Windhoek polisiestasie aanhangig gemaak. Die polisie-ondersoek duur voort en inligting is nog skraps.