Tennisspeler Tara Moore vir 4 jaar geskors oor opkikkersJuly 16, 2025
Tennis: Tara Moore van Brittanje is vir vier jaar geskors nadat sy in April 2022 positief getoets het vir opkikkers. Die 32-jarige is in Desember 2023 vrygespreek nadat ’n onafhanklike tribunaal vasgestel het dat die toetsuitslag deur besmette vleis veroorsaak is. Die Internasionale Tennis-integriteitagentskap het egter teen die bevinding appelleer en het die saak gewen in die Hof vir Arbritrasie in Sport. Brittanje se gewese nommer-een-dubbelspeler se oorspronklike skorsing van 19-maande word van die nuwe skorsing afgetrek.