Emma Watson se lisensie vir 6 maande opgeskortJuly 17, 2025
Die Britse aktrise Emma Watson is vir ses maande verbied om te bestuur nadat sy die spoedgrens oortree het. Watson het die rol van Hermione Granger in die Harry Potter-rolprente vertolk. Sy het net oor 60-kilometer per uur gery in ‘n 50-kilometer-sone, maar reeds nege strafpunte op haar rybewys gehad. Die 35-jarige, wat sedert 2023 studeer vir ‘n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Oxford-universiteit, moes boonop ‘n boete van 25 000 Namibiese dollar betaal. Sy en haar broer het in 2023 ‘n volhoubare jenewer-handelsmerk bekendgestel.