Fluitjieblaserlyn hou sukses in vir NamRAJuly 17, 2025
NamRA het 2,3 miljoen Namibiese dollar binne ‘n periode van drie maande van April tot Junie 2025 verhaal, na 37 verslae wat deur sy fluiltjieblaser-lyn aangemeld is. ‘n Totaal van 15 miljoen dollar in aanslae is gedurende die tydperk ingesamel, wat die algehele verhaal sedert die hulplyn se ontstaan op 5,7 miljoen dollar te staan bring. NamRA se bestuurder vir kommunikasie en belanghebberbetrokkenheid, Tonateni Shidhudhu, sê 54 persent het belastingontduiking behels, gevolg deur bedrogverwante sake op teen 13,5 persent.