Klein markgrootte, oorheersing, benadeel verbruikersJuly 17, 2025

Mededingingskundiges waarsku dat Namibië se gekonsentreerde markstruktuur verbruikerspryse opstoot, keuses beperk en produkgehalte beïnvloed. The Brief berig dat die direkteur van Candace Competition Law Advisory Services Grace Mohamed sê dat die oorheersing van ‘n handjievol firmas oor sleutelsektore veroorsaak word deur die land se klein markgrootte. Sy sê ‘n paar firmas oorheers en van hulle besit ook sustermaatskappye wat skadelik vir verbruikers is omdat hulle beperkte opsies het. Die Namibiese Mededingingskommissie het intussen sy ondersoek na dominante firmas in sektore soos telekommunikasie, sement, kleinhandel en meulenaars verskerp.