Klimaat dwing Steve Miller Band om sy toer af te stel in VSAJuly 17, 2025
Die Steve Miller Band het alle toerdatums afgestel weens natuurrampe wat deur klimaatsverandering veroorsaak word. Die groep wat bekend is vir liedjies soos The Joker en Fly Like an Eagle, sou van 15 Augustus af 31 vertonings in Amerika hou. Hulle sê die kombinasie van hittegolwe, onvoorspelbare oorstromings, tornado’s, orkane en massiewe veldbrande maak die risiko’s vir ondersteuners, personeel en die bemanning onaanvaarbaar. Die leier, Steve Miller, sê hy vertrou eerder sy voorgevoel as om mense in gevaar te stel.