Kuberkrakers kry toegang tot Otji se munisipaliteitJuly 17, 2025

Die Namibiese Kuberveiligheid-voorvalreaksiespan wat by Cran gevestig is, het ‘n kuberveiligheid voorval geïdentifiseer wat stelsels of netwerke van die Otjiwarongo-munisipaliteit betrek. Die voorval is Woensdag opgespoor. Voorlopige aanduidings dui op moontlike data-kaping en ‘n losprys-eis deur ‘n groep wat as “INC Ransom” geïdentifiseer is. Die groep het onder andere toegang tot bankrekening nommers. Die dorpsraad is in kennis gestel en onmiddellike inperkingsmaatreëls is aanbeveel, insluitend datakartering om die omvang van blootstelling te bepaal en die isolering van geraakte stelsels te bewerkstellig. ‘n Formele ondersoek is van stapel gestuur.