Leeuwelpie-drukkies op spyskaart in ChinaJuly 17, 2025

Teetyd-plesier in China sluit nou drukkies met leeuwelpies in tydens ‘n viergang middagete by ‘n restaurant in die noordelike provinsie van Shanxi. Gaste word in aanlyn video’s en foto’s op Chinese kletsplatforms gesien waar hulle welpies soos baba’s op hulle skoot vashou. Die Wanhui restaurant het in Junie oopgemaak en, verkoop sowat 20 kaartjies ‘n dag aan gaste wat drukkies met diere wil geniet as deel van ‘n vaste spyskaart van ongeveer 2 700 Namibiese dollar. Aanlyn kommentaar is hoofsaaklik krities en sê die onderneming is gevaarlik en nie goed vir die diere nie.