Man wat Indiese atleet, 114, doodgery het, gearresteer July 17, 2025

Die polisie in Indië het ‘n man in hegtenis geneem in verband met die dood van die wêreld se oudste marathonatleet, Fauja Singh, in ‘n tref-en-trap ongeluk. Die polisie sê die beskuldigde het in ‘n sportnutsvoertuig gejaag toe hy die 114-jarige Brits-Indiese atleet getref het. Die ongeluk het Maandag in Punjab in die noorde van Indië gebeur terwyl Singh op sy middagstappie was. Singh was ‘n wêreldwye ikoon en het rekords opgestel vir marathons in verskeie ouderdomskategorieë. Hy het op 89 begin hardloop en tussen 2000 en 2013 nege volle marathons voltooi voor hy uitgetree het.