Oshikoto oorweeg rysproduksieJuly 17, 2025
Die Oshikoto-streek het sy visier op rysproduksie. Die nuus kom op die hakke van sy uiters suksesvolle aartappel-oes waar 200 ton in die plaaslike mark ingestuur is. Streeksgoewerneur Sacky Kathindi het drie rysplase in die Onayena-kiesafdeling besoek en sê water is ‘n uitdaging omdat rys in water verbou word maar, het onderneem om die uitdaging aan te spreek. Talle van die mahangu-boere in die gebied het hulle mahangu-lande omskep in ryslande met groot sukses. Daar word berig dat van die boere reeds rys verkoop by markte en ook wanneer daar geleenthede soos groot troues is.