Sacky wil weer Fishrot-verhoor stopJuly 17, 2025
Die voormalige justisieminister, Sacky Shanghala, het weer ‘n aansoek in die hoërhof gebring om die Fishrot-verhoor wat vir 4 Augustus geskeduleer is, te stop. Hy voer aan dat waarnemende regter Moses Chinhengo, wat na verwagting die saak sal aanhoor, nie wettiglik aangestel is nie en dat die proses dus sy reg tot ‘n billike verhoor sal ondermyn. Hy vra dat die verhoor gestop word tot die wettigheid van Chinhengo se aanstelling ten volle beslis is. Hy vra ook die hof om die regering se besluit om Chinhengo aan te stel, te hersien en te kanselleer. Shanghala wil hê dat die hof moet verklaar dat enige beslissings wat Chinhengo gelewer het, ongeldig is en geen wettige status het nie. Adjunk-regter-president Hannelie Prinsloo sal die aansoek vanmiddag hoor.