Selfmoord-epidemie blootgelê July 17, 2025

Die hoë gevalle van selfmoord is al ‘n geruime tyd bekend en in die media. Nou het die Namibiese polisie statistieke bekend gemaak. In die eerste drie maande van die jaar, 89 dae, is 124 selfmoorde aangeteken waaronder 108 mans was. Oshana het die hoogste getal, 20, aangeteken, gevolg deur Omusati op 17 en Kavango Oos op 14. In die 2023-24 boekjaar is 542 selfmoorde aangeteken met die jongste voorval, ‘n vyfjarige kind. Pogings tot selfmoord het 3 000 bereik. Armoede, drank en dwelmmisbruik, gepaard met kulturele praktyke word vir die epidemie blameer.