Sink-klaskamers steeds ‘n uitdaging in die NoordeJuly 17, 2025

Ohangwena, Omusati en Oshana het 967 informele, sinkplaat klaskamers met Ohangwena wat voorloop met 600. Volgens plaaslike media sê die streek se onderwysdirekteur Isak Hamatwi, dat die tekort aan infrastruktuur uiters uitdagend is vir leerders en onderwysers. Hulle word gereeld deur sterk winde stukkend gewaai en moet dan herbou word voor lesse kan hervat. Dit is veral moeilik in die koue winter. Daar is vordering gemaak met die bou van klaskamers maar die agterstand bly groot omdat daar jaarliks al hoe meer leerders bykom.