Zené: Twee agter tralies terwyl polisie klagtes ondersoekJuly 17, 2025

Chaos het in die hoofstad ontaard met die verdwyning Donderdagmiddag van die 16-jarige Zené Grobbelaar. Sy is uiteindelik rondom half-agt veilig in Otjiwarongo gevind. Sy was saam met twee mans, waaronder een ‘n Chinese man, wat haar na die polisiestasie op die dorp geneem het. Daar was talle gerugte maar, dit wil voorkom asof sy vrywillig saam met hulle gereis het. Die voertuig was toe uiteindelik bevestig as ‘n wit dubbelkajuit bakkie, maar ‘n Toyota en nie die Nissan NP300 wat oorspronklik op sosiale media versprei is nie. Die twee mans is agter tralies hangende die polisie se ondersoek na die ouers oorspronklik ‘n klag van ontvoering in Windhoek gemaak het.