Ekstremistiese inhoud verder verbied in RuslandJuly 18, 2025

Russiese wetgewers het ‘n wetsontwerp goedgekeur om aanlyn inhoud wat as “ekstremisties” beskou word te verbied, soos liedjies wat Oekraïne verheerlik en musiek deur die feministiese rockgroep Pussy Riot. Russiese owerhede blokkeer reeds toegang tot duisende webwerwe wat beskuldig word van “ekstremistiese” inhoud. Die jongste voorgestelde wetgewing dreig met boetes van tot 1 100 Namibiese dollar vir enigiemand wat doelbewus gesoek het of toegang verkry het tot inhoud wat deur die ministerie van Justisie gelys is. Daar is meer as 5 000 inskrywings op die lys, insluitend webblaaie, politieke slagspreuke, boeke, kunswerke en musiekalbums.