Mars-meteoriet haal N$77 miljoen op veilingJuly 18, 2025

‘n Seldsame stuk van Mars is Woensdag vir 77 miljoen Namibiese dollar verkoop op ‘n veiling in New York. Die grootste Mars-meteoriet wat ooit op aarde gevind is, bekend as NWA 16788, weeg 24,5 kilogram en is byna 38 sentimeter lank. Volgens Sotheby’s is dit in November 2023 in ‘n afgeleë streek van Niger ontdek en is 70 persent groter as die vorige stukke van Mars wat op die Aarde beland het. Ongeveer 400 Mars-meteoriete is tot dusver op Aarde gevind.