Meatco stel volgende week se jaarvergadering uitJuly 18, 2025
Meatco het sy lede in ’n dringende kennisgewing ingelig dat die Algemene Jaarvergadering wat geskeduleer was vir 25 Julie, uitgestel is na ’n datum wat later bevestig en gekommunikeer sal word, maar nie later nie as 30 September nie. Die maatskappy is in chaos gedompel met sy waarnemende uitvoerende hoof Patrick Liebenberg wat geskors is, meer as 470 vermiste bees en aantygings van politieke inmengery, rassisme en meer.