Toiletpapier vir talle nou ‘n luuksheidJuly 18, 2025

Verbruikers is wel bewus van stygende pryse, veral kleinhandelware. New Era het vandag ‘n ontleding gedoen van toiletpapier wat in 2020 5 Namibiese dollar ‘n rol gekos het en wat tans tot teen 12 dollar gestyg het. Met die druk op soveel huishoudings het toiletpapier ‘n luuksheid geword wat hulle eenvoudig nie kan bekostig nie. Daar is wel plaaslike vervaardiging maar, die land het verlede jaar 95 miljoen Namibiese dollar se toiletpapier ingevoer met geringe uitvoere van 2,5 miljoen dollar. Junie-inflasie het op 3,7 persent ingekom en ekonome voorspel dit sal teen die einde van die jaar die 4 persent kerf bereik.