ANC sê DA-lid smeer SA se naam swartJuly 19, 2025
Die ANC beskuldig ‘n parlementslid van die DA, Emma Louise Powell, dat sy ‘n waninligtingsveldtog lei wat beoog om Suid-Afrika se reputasie te skaad te midde van nuwe Amerikaanse tariewe. Volgens die party het Powell Amerikaanse amptenare beïnvloed en vals bewerings soos wit volksmoord en gedwonge grondonteiening aangevoer om Amerikaanse beleid teen Suid-Afrika te beïnvloed. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu het ook vir Powell beskuldig dat sy die presidensiële gesant, die gewese adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, in ‘n smeerveltog geteiken het.