Atletiek: Eerste goud vir Namibië by jeugkampioenskapJuly 19, 2025
Marike Weitz het die eerste goue medalje vir Namibië gewen by die Konfederasie van Afrika-Atletiek (CAA) se Onder-18 Afrika-baan-en-veldkampioenskap in Nigerië. Die Namibiese atleet het Vrydag die meisies se gewigstoot gewen – nadat sy Donderdag ook ‘n bronsmedalje in die diskusgooi met ‘n poging van 44.84 meter verower het. Weitz se wenafstand in die gewigstoot was 16.32 m.