N$200 miljard nodig vir 800 000 werksgeleenthedeJuly 19, 2025

Namibië het meer as 200 miljard Namibiese dollar nodig om 800 000 werksgeleenthede teen 2030 te skep, sê die uitvoerende hoof van die Namibiese Beleggings- en Ontwikkelingsraad, Nangula Uaandja. Tydens ‘n hoëvlak-vergadering met sakelui vroeër vandeesweek op Swakopmund, het Uaandja gesê die private sektor het tans 138 000 mense in diens. Besighede wat ‘n buitelandse beleggingsinspuiting ontvang het, verskaf werk aan 56 000. Die plaaslike private sektor is die vernaamste beleggers in Namibië, sê Uaandja.