Opwindende toetsrugby op die spyskaart hierdie naweek July 19, 2025
Nieu-Seeland en Frankryk skop die naweek se internasionale aksie af met die derde toets in Hamilton, gevolg deur die eerste toets tussen die Wallabies en die Britse en Ierse Leeus in Brisbane. Vanmiddag verwelkom die Springbokke Georgië in Mbombela, gevolg deur die wedstryd tussen Argentinië en Uruguay in Salta. Amerika en Engeland speel in Washington. Na hierdie naweek is daar ‘n onderbreking van internasionale rugby tot Suid-Afrika en Australië die Rugbykampioenskap op 16 Augustus op Ellispark afskop.