Oudste ys onder klimaat se vergrootglasJuly 19, 2025

Antartika se oudste ys het in Brittanje aangekom vir ontleding wat wetenskaplikes hoop sal meer onthul oor die aarde se klimaatsveranderinge. Die yskerns sal by die Britse Antarktiese Opname in Cambridge ontleed word, met die uiteindelike doel om tot 1,5 miljoen jaar van die aarde se klimaatgeskiedenis te rekonstrueer. Die silindriese buise is uit dieptes van tot 2 800 meter herwin. Daar word verwag dat die navorsing waardevolle insig kan lewer om toekomstige klimmaatverandering to voorspel. Navorsers hoop om voorspellings te verbeter oor hoe die klimaat sal reageer op toekomstige toenames in kweekhuisgasse.