SA polisie soek tien ná skietery in sjebienJuly 19, 2025
Die polisie in Gauteng is op soek na ongeveer tien verdagtes nadat vyf mense Vrydagaand doodgeskiet en nog drie gewond is by ‘n sjebien in die Shoba-informele nedersetting in Olievehoutbosch, Centurion. Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die verdagtes het na bewering die sjebien binnegegaan en lukraak begin skiet, sonder om ‘n woord te sê. Die motief vir die skietery is in hierdie stadium onbekend.