Dertig beseer in nagklub-voorval in LAJuly 20, 2025
Dertig mense is beseer nadat ‘n voertuig tussen mense ingejaag het wat voor ‘n nagklub in Los Angeles gewag het om in te gaan. Die klub het ’n reggae/hip-hop-vertoning aangebied. Die Los Angeles Brandweer sê sewe mense is kritiek beseer terwyl ses ander ernstige beserings opgedoen het. ’n Groep van hoofsaaklik vroue, het gewag om die Vermont Hollywood-musieklokaal in Oos-Hollywood binne te gaan toe die motor hulle getref het. Die polisie ondersoek die voorval as ‘n doelbewuste daad, aangesien die dronk bestuurder ’n U-draai gemaak het voordat hy tussen die mense ingejaag het.Der