Gholf: Scheffler domineer en loop vier houe voor by die Britse OpeJuly 20, 2025
Scottie Scheffler het Saterdag nader aan sy eerste Britse Ope titel beweeg en ’n voorsprong van vier houe opgebou voor vandag se laaste ronde by Royal Portrush. Die wêreld nommer-een het ‘n gemaklike derde ronde van vier-onder baansyfer, 67 aangeteken, en is nou 14 onder baansyfer vir die toernooi. Scheffler het nou ‘n vierde major-titel in sy visier en is op die derde been van ‘n moontlike Grand Slam loopbaanoorwinning. Hy sal die eerste wêreld nommer-een wees wat die Britse Ope wen sedert Tiger Woods sy derde titel in 2006 ingepalm het.