Namibië kán in eie kragbehoeftes voorsienJuly 20, 2025
Namibië het die potensiaal om teen 2025 self in al sy elektrisiteitsbehoeftes te kan voorsien, mits energie-ontwikkeling behoorlik beplan en deur beleidshervorming ondersteun word, sê ‘n plaaslike kenner in hernieubare energie. Jean Basson van die Vereniging van die Hernieubare Energiebedryf in Namibië, het die afgelope week aan ‘n parlementêre komitee gesê vyf tot tien grootskaalse groenprojekte sal binne ‘n dekade aan die land se kragbehoeftes kan voldoen. Beleidshervorming sal onafhanklike kragvoorsieners egter moet toelaat om in meer as 30 persent van kliënte se energybehoeftes te mag voorsien, sê Basson.