Rugbywêreldbeker: Dis nog nie neusie verby vir NamibiëJuly 20, 2025

Zimbabwe het die 2025 Afrika-rugbybeker gewen ná hulle Namibië Saterdag met 30-28 in Kampala, Uganda verslaan het en sodoende ook vir die Rugbywêreldbeker 2027 in Australië gekwalifiseer het. Namibië se wêreldbekerdrome is egter nie daarmee heen nie. Die nasionale span sal hul wedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate volgende Saterdag moet wen om ‘n kans te staan om te kwalifiseer.