Meisie raak geskiet tydens ouers se bakleieryJuly 21, 2025

‘n 18-jarige meisie is in die Katutura-staatshositaal ná sy die naweek in Windhoek tydens ‘n bakleiery tussen haar ouers in die been geskiet is. Beide haar ouers is in die bakleiery dood – een is geskiet en die ander het selfdood gepleeg. Haar sesjarige boetie was ook in die huis ten tyde van die voorval. Volgens die polisie is die oorsaak van die bakleiery nie bekend nie. Die ondersoek duur voort.