Ondersteun CAPU, help veeartsrekening betaal July 21, 2025
Die Civilian Animal Protection Unit hou ’n gelukstrekking om hul veeartsrekening van meer as 200 000 Namibiese dollar te help betaal. Deur deel te neem, staan jy ’n kans om een van vyf naweek-wegbreekpryse in Namibië te wen. Die trekking vind plaas op 6 September. Belangstellendes kan CAPU se Facebook-blad besoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Charne Wasserfall van CAPU gepraat: