Vulstasie in hoofstad beroofJuly 21, 2025
‘n Gewapende kontant transito-roof het rondom ses-uur vanoggend in die hoofstad plaasgevind. Twee gewapende mans het die Namcor-vulstasie in Otjomuise bestorm en weggekom met twee kaste kontant. Terwyl die hoeveelheid geld wat gesteel is nie bekend gemaak is nie, meen kenners dit kan enigiets van 100 000 Namibiese dollar en meer wees. Skote is afgevuur maar niemand is beseer nie. Die twee het in ‘n Passo gevlug.