Zhong Mei ontvang kontrak sonder tender en voor impakstudie voltooi isJuly 21, 2025
Die Chinese konstruksiefirma, Zhong Mei Engineering Group, is as die hoofkontrakteur vir die 1,3 miljard Namibiese dollar padprojek tussen Khorixas en Kamanjab. Die pad word tot teer opgegradeer. Volgens die Tender Bulletin is die toekenning deur die Paaie-owerheid gedoen sonder ‘n tenderproses en, voor die omgewingsimpak studie voltooi is. Die owerheid blyk om ‘n voorkeur te hê vir Zhong Mei. Die maatskappy het ook die kontrak gekry vir Swakopmund, Hentiesbaai en Uis, sowel as die roete tussen Karibib en Uskakos. Al die kontrake is meer as 2,1 miljard dollar werd.