Chinhengo onttrek van Fishrot-saak, sê dis persoonlikJuly 22, 2025
Regter Moses Chinhengo, wat tot op hede die Fishrot-hofsaak behartig het, het homself weens persoonlike redes onttrek. Regter-president Petrus Damaseb het aangekondig dat hy waarnemende regter Marilize du Plessis aangestel het om die saak, wat geskeduleer is om op 4 Augustus te begin, aan te hoor. Verskeie aansoeke is deur van die beskuldigdes gebring om Chinhengo se verhoor van die saak te betwis, wat almal van die hand gewys is, onder meer deur ‘n volbank regters in die hooggeregshof. Die jongste aansoek wat verlede week deur oud-justisieminister Sacky Shangala in die hoërhof gebring is, was nog hangende. Shangula het onder andere gevra dat die verhoor gestop word tot die wettigheid van Chinhengo se aanstelling ten volle beslis is.