Enercon-sage kan baie skadelik vir Namcor weesJuly 22, 2025

Die kenner in Afrika-aangeleenthede, professor Nixon Kariithi sê daar moet uiters versigtig omgegaan word met ooreenkomste waar buitelandse maatskappye in besigheid met plaaslike entiteite moet tree vir hulpbron ontginning. Dit kom na die Namcor-Enercon skandaal. Namcor moet volgens wet, ten minste 10 persent aandeelhouding in elke eksplorasie lisensie ontvang en tans lyk korporatiewe bestuur nie baie goed by Namcor nie. Dit kan implikasies vir internasionale vennote hê.

Kariithi sê internasionale maatskappye word in hulle tuislande teen ‘n baie hoër standaard in Afrika gehou.