NDP6: NNN mik hoog, baie hoogJuly 22, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan, NDP6, in Windhoek geloods en gesê die plan kan werk en kan afgehandel word. Sy sê haar kantoor het ‘n soliede fondasie gelê maar baie werk lê nog voor, en die NDP6 is die padkaart wat gevolg moet word. Sy het ‘n beroep gedoen op alle Namibiërs, insluitend die jeug, akademici, burgerlike samelewing, kerke, tradisionele owerhede, besighede en ontwikkelingsvennote, om hul rol te speel. Sy het klem gelê op die belangrikheid van industrialisasie.
Sy sê die ontwikkelingsplan is ontwerp om volhoubare ekonomiese groei aan te help.