Studente-dorp: Vatbaarheidstudie word hersienJuly 22, 2025

‘n Regeringsgesteunde studente akkommodasie projek, ter waarde van net meer as ‘n miljard Namibiese dollar vorder. Die projek is daarop gemik om sowat 3 000 studente in 11 residensiële blokke van drie tot vier verdiepings te huisves, en is bedoel om die tekorte in die hoofstad aan te spreek. Die beplande studentedorp sal ontwikkel word op ‘n terrein van 16 hektaar in Khomasdal-uitbreiding 16. Die projek sal gelewer word deur ‘n openbaar-privaat vennootskap en ‘n uitvoerbaarheidstudie word tans hersien.