Walvis-polisie vind N$21 100 se dagga, 29-jarige vasJuly 22, 2025

Die polisie op Walvisbaai sê inligting is ontvang van ‘n lid van die publiek oor ‘n dwelmsmous in Tutaleni. ‘n Operasie is geloods en geheime polisie is ontplooi. Skunk-dagga ter waarde van net meer as 21 000 Namibiese dollar is op die perseel gevind en ‘n 29-jarige Namibiese man is in hegtenis geneem. Hy sal môre in die laerhof op die dorp verskyn.