Anri Parker nuwe uitvoerende hoof van NNOKJuly 23, 2025

Die Namibië Nasionale Olimpiese Komitee, NNOK, en die Statebondspele-vereniging het die ultra-bergfietsryer Anri Parker aangestel as sy nuwe hoof uitvoerende beampte, met ingang 1 September. Parker vervang die Olimpiese Komitee se sekretaris-generaal, Joan Smit, in die voltydse rol. Die Olimpiese Komitee se president, Ndeulipula Hamutumwa, beskryf die stap as ‘n oorgang van die vrywillige sekretaris-generaal posisie, in ooreenstemming met die Internasionale Olimpiese Komitee se standaarde. Volgens ‘n verklaring bring Parker ‘n magdom ervaring in sportadministrasie en strategiese leierskap, en ‘n diep verbintenis tot die bevordering van Namibië se Olimpiese beweging en Statebond-sport. Dit maak haar die ideale kandidaat om die komitee na ‘n nuwe era van uitnemendheid te lei.