Hongersnood vat pos in GazaJuly 23, 2025
Die direkteur van Gaza se Shifa-hospitaal sê 21 kinders is die afgelope 72-uur regoor die gebied dood weens wanvoeding en hongersnood. Dokter Mohammed Abu Salmiya sê 900 000 kinders in Gaza ly honger. Die hoof van die VN se agentskap vir Palestynse vlugtelinge het vroeër gesê dokters raak flou weens honger, terwyl minstens duisend mense dood is terwyl hulle vir kos gewag het. Brittanje se minister van buitelandse sake, David Lammy, het aan die BBC gesê die tonele in Gaza walg hom. Brittanje het hom by 27 lande aangesluit wat die moorde veroordeel.