Mensehandelsaak van Zambezi-vrou tot Oktober uitgestelJuly 23, 2025
Die Zambezi-vrou wat daarvan aangekla is dat sy ‘n 11-jarige Zambiese meisie onder dwang na haar huis in Katima Mulilo geneem het om te werk, sal weer op 1 Oktober in die hof op die dorp verskyn. Bwezila Sitobohile, 35, is borg van 5 000 Namibiese dollar toegestaan en haar medebeskuldigde Sakufeka Kutepa, 10 000 dollar omdat hy ‘n Zambiër is. Die meisie het in haar huis gewerk en is nie betaal nie. Daar is klagte van onder andere mensehandel. Lede van die gemeenskap het die polisie van die aangeleentheid ingelig.