Sinner stel afgedankte fiksheidsafrigter weer aanJuly 23, 2025

Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het weer sy vorige fiksheidsafrigter, Umberto Ferrara, aangestel wat hy verlede jaar afgedank het nadat hy positief getoets het vir die gebruik van ‘n opkikker. Sinner het sedert die onthulling van sy positiewe toetse vir die anaboliese steroïed clostebol volgehou hy is onskuldig en hy het die skuld vierkantig op sy span gepak. Sinner het Ferrara en sy fisioterapeut, Giacomo Naldi, afgedank na die onthulling van sy positiewe toetse.